Vrouebybelstudie by Sunflower House
04 Desember 2025 Dit was Donderdag die Jaaruitfunksie van die Sunflower House👏 Lekker gesing, ge- eet en tafels met mooi persente! Daar was ook n diens om die kindertjies wat gesterf het se naampies op die muur te sit
🙂↕ Die S F H ouse het 12 kindertjies maar versorg meer as 300 kinders in die stad en plakkerskampe…. soos jul op die foto kan sien is ons baie vrywilligers( kon nie almal inkry nie) ook 4 maatskaplike studente👌
Elke bydrae is vir hul waardevol. OnsBybstudiegroepe wat bydra is vir hulle kosbaar, veral ons voorbidding🙏 .. en ons bydrae wat ons met liefde gee waardeer hul baie🧡🌹🍃
Ek is gevra om hul dank aan jul elkeen oor te dra want daar was nie plek om almal te nooi nie. Ons gemeente het n teer plek in hul harte🌟✨
Hier sit Hanna met n baba op jaar skoot🧡 let op die suurstofpypie wat uit haar bedjie deurgesit is. Die kindertjies was almal daar met mooi kleer tjies aan het ook deelgeneem👌Ons het n pragtige Boodskap van Hoop gekry en is met dankbare , vrolike harte daar weg🙏🌟