Werkgroepe

Ons beskik oor ‘n goed georganiseerde Kategeseskool.

►EE-III kursus word elke Sondag met Gr 5’s en Gr 9's deurgewerk. Met Gr 5's word kinder EE III behandel en met Gr 9's Jeug EE III.

►Een keer per kwartaal word ‘n toerustingsgeleentheid vir kategete gereël.

►Ouers woon een maal per kwartaal ‘n toerustingsgeleentheid by tydens kategese tyd.

►Daar word een maal per kwartaal ‘n gesamentlike byeenkoms by bv Gr 1-3; Gr 4-7 en Gr 8-11.

►Belydenisklas word waargeneem deur Ds Enrico Casaleggio. Sel: 084 245 2937

Daar bestaan nie meer 'n afsonderlike groepering wat onder die vaandel van die Vrouediens in die gemeente werksaam is nie. Vrouelidmate skakel volledig in by die totale werksaamhede van die gemeente
Hierdie werkgroep evalueer, doen navorsing, en adviseer die kerkraad oor alle sake rakende die eredienste in die gemeente. 'n Sub-werkgroep vir Liturgie kom weekliks bymekaar om eredienste te evalueer en te help beplan. Enige lidmaat is welkom om hierby in te skakel.
Debietorder
'n Verskeidenheid redes maak dit makliker vir die gemeente administrasie wanneer lidmate hulle dankoffer per debietorder gee. Indien u nog nie op die stelsel is nie, versoek ons vriendelik dat u die aangehegte vorm invul en by die kerkkantoor besorg. Dankie vir u samewerking!

Kliek hier om die vorm oop te maak

Nadat u die vorm oopgemaak het, kliek op die ``Druk die vorm`` skakel bo-aan die vorm, voltooi die vorm en handig dit asseblief by die kerkkantoor in.

Die ouderlinge vorm ‘n werkgroep wat die organisatoriese werksaamhede van die ouderlingekorps bestuur. Alle sake rakende die administratiewe werk van die ouderlinge word deur die ouderlingebestuur hanteer.

Leierouderling: Frans Ackerman
084 525 2734

Die diakens vorm ‘n werkgroep wat die werksaamhede van die diakenkorps bestuur. Alle sake rakende die amp van diaken word deur die diakoniebestuur hanteer.

Leierdiaken: Ina Grobler
Tel: 083 297 6036

Die beplanning en koördinering van die bestaande kommunikasie media in die gemeente, naamlik -

►Afkondigings; Fichardtpark Fokus (Nuusbrief); Gemeente-almanak, kennisgewings en reklame.
►Die beplanning en daarstelling verdere kommunikatiewe middele naamlik:
►Die Webwerf; ‘n S.M.S.-stelsel en E-pos.
►Die voortdurende opgradeer van die Webwerf.
►Identifisering van verdere kommunikatiewe atmosfeer in die gemeente.

►Diakens samel maandeliks nie-bederfbare voedsel in vir die koskas.
►Inwoners van Fichardtpark Aftreeoord word finansiël ondersteun.
►Kwartaalliks word ‘n Diens van Barmhartigheidsondag gehou.
►Klereprojek: Klere word ingesamel en aan verskeie instansies gegee.

►Volksblad Kersfonds word ondersteun.
►Allimentasiegevalle in die gemeente word ten volle ondersteun.
►Speelgoed word ook ingesamel en aan verskeie instansies geskenk.
►Betrokke by Vrystaat Kinder- en Jeugsorgsentrum – Huis Vastrap.
►Ontbyt vir een - skenkings om vir 'n honger persoon te minste een ete per dag te voorsien kan by die kerkkantoor gemaak word.

Die werkgroep is verantwoordelik vir die instandhouding van alle geboue en terreine.

Voorsitter: Frans Ackerman
084 525 2734

Visie
Die visie van die Sendingwerkgroep is die transformasie van die gemeente van blote instandhouding na 'n missionêre gemeenskap wat behels die bewusmaking van die gemeente van sy sendingopdrag en die begeleiding van lidmate om daadwerklik op een of ander wyse betrokke te raak. Die kerkraad het sy oortuiging uitgespreek dat sending nie maar net een van die programme van die gemeente is nie, maar dat die bestaan van die gemeente verstaan moet word as 'n gestuurde gemeente wat geroep is om 'n verskil in die wêreld te maak. In die lig hiervan het die kerkraad besluit om die bediening van die gemeente daarop te rig dat elke lidmaat in sy daaglikse handel en wandel 'n gerigtheid op die wêreld sal hê.
Werksaamhede
Evangelisasie
1. Die uitdaging waarvoor die Sendingwerkgroep in die afbakening van sy opdrag te staan gekom het, is om meer direk betrokke te raak by die bereiking van ongereddes met die evangelie van Jesus Christus.

2. Die doelwit van die Evangelisasie Aksie is om met:

►elke lidmaat van die NG Kerk

►elke persoon wat nie aan 'n kerk behoort nie binne die grense van die gemeente te praat oor sy/haar verhouding met Christus en hom/haar te begelei tot aktiewe betrokkenheid by die/'n gemeente.

Bidure
Die Sendingwerkgroep is verantwoordelik vir die organisering en lei van bidure vir die huiswerkers in die gemeente op 'n Maandagaand. Daar bestaan veral 'n behoefte aan lidmate wat kan help om voor te gaan by die bidure.
Voorbidding
Gebed vorm 'n krities belangrike deel van die werksaamhede van die Sendingwerkgroep. Behalwe vir voorbidding in die algemeen vir sending, word die gemeente gevra om op 'n deurlopende basis voorbidding te doen vir die werk waarby die Werkgroep betrokke is.
Finansiële bydraes
Die Sendingwerkgroep stel hom ten doel om fondse uit die gemeente te werf vir die aksies waarby hy betrokke is. Daar is reeds 'n aantal lidmate wat bo en behalwe hulle dankoffer 'n maandelikse bydrae maak vir 'n sendingaksie van hulle keuse en daar word beoog om hierdie bron uit te brei.
Vergaderings
Die aksies kom afsonderlik bymekaar om beplanning te doen, administratiewe reëlings te tref, strategieë te oorweeg, ens. Uit elke aksie is daar 'n groepie mense wat hiervoor verantwoordelikheid neem.
Kontak
Die Sendingwerkgroep beskou dit as belangrik dat die gemeente kontak maak en behou met die gebiede en persone waar ons betrokke is. Hierdie kontak neem die vorm aan van briewe, e-posse, telefoonoproepe, SMS'e en besoeke.
Hulpverlening
Die hulp wat verleen word lê nie net op die vlak van finansiële bydraes nie. Die gemeente moet aangemoedig word om hulle kundigheid beskikbaar te stel in diens van die gemeenskappe waar ons betrokke is.